![]() | ![]() |
By Panorama Herberg wil ons die rekord regstel. Versorgde Verblyf gaan oor die verbetering van lewensgehalte, nie die vermindering daarvan nie.
Kom ons breek 'n paar van die mees algemene wanopvattings af, en werp lig op wat Versorgde Verblyf werklik bied.
Wanopvatting 1: Versorgde Verblyf is dieselfde as ’n Verpleeginrigting / Verswakte Sorg (Frail Care)
Baie mense sien Versorgde Verblyf as dieselfde as 'n verpleeginrigting, waar gespesialiseerde, deurlopende mediese sorg deur mediese personeel uitgevoer word, met 24-uur monitering, medikasie bestuur en mobiliteit hulp.
Versorgde Verblyf is gemik op die ondersteuning van inwoners om so onafhanklik moontlik te leef, met hulp slegs wanneer nodig.
Dit is ver van die stil, somber beeld wat verpleeginrigtinge oproep.
Dit is eerder ’n lewendige gemeenskap waar onafhanklikheid aangemoedig word en ondersteuning vir daaglikse aktiwiteite beskikbaar is—alles sonder die daaglikse take wat spanning veroorsaak.
Wanopvatting 2: Versorgde Verblyf is slegs vir Baie Verswakte Persone
Baie mense dink dat Versorgde Verblyf net vir mense is wat baie broos is of nie vir hulself kan sorg nie, maar dit is 'n wanopvatting.
Dit is eintlik vir enigiemand wat hulp nodig het met daaglikse aktiwiteite, maar steeds so onafhanklik as moontlik wil leef.
Dit is ideaal vir seniors wat dalk sukkel met dinge soos kosmaak, skoonmaak, vervoer, of medikasie bestuur, maar andersins gesond en aktief is.
Wanopvatting 3: Versorgde Verblyf is te duur vir meeste mense
Ja, Versorgde Verblyf het koste, maar dit is belangrik om na alles wat ingesluit is, te kyk.
Wanneer u in ag neem dat die maandelikse fooi akkommodasie, etes, skoonmaak dienste, sekuriteit en gesondheidsorg ondersteuning dek, kan dit eintlik meer bekostigbaar wees, as om u eie huis te onderhou.
Boonop, as u op u eie bly, kan elke mediese- of sekuriteit- noodgeval potensieel rampspoedig wees.
Die gemoedsrus en gerief wat met die hantering van noodgevalle gepaard gaan, is van onskatbare waarde.
Wanopvatting 4: Daar is geen Privaatheid in Versorgde Verblyf nie
Versorgde Sorg se verblyf is nie soos om in 'n gedeelde ruimte te woon nie. U het u eie private woonstel of kamer, wat u kan versier en inrig soos u wil.
Daar is wel gemeenskaplike areas vir sosialisering, maar u persoonlike ruimte is joune alleen, wat u al die privaatheid gee wat u nodig het.
Wanopvatting 5: Versorgde Verblyf Fasiliteite is Vervelig en Eensaam
Dit kan nie verder van die waarheid wees nie! Die meeste Versorgde Verblyf gemeenskappe bied 'n wye reeks aktiwiteite, van fiksheid klasse tot sosiale geleenthede en uitstappies.
U kan kies om deel te neem aan wat u interesseer, en dit is 'n wonderlike manier om betrokke te bly, nuwe mense te ontmoet, en 'n aktiewe sosiale lewe te handhaaf.
Wanopvatting 6: Versorgde Verblyf Beteken die Verlies van Onafhanklikheid
Baie mense dink dat Versorgde Verblyf beteken om hul onafhanklikheid prys te gee, maar dit is nie die geval nie. Versorgde Verblyf is ontwerp om u te help om onafhanklik te bly terwyl ondersteuning verskaf word vir take soos skoonmaak dienste, etes, of medikasie bestuur.
U kan steeds self besluit hoe u die dag wil deurbring, wanneer u wil opstaan, uitgaan, watter aktiwiteite u wil doen, en hoe u tyd wil bestee.
Personeel is daar om u te help, nie om voor te skryf hoe u moet leef nie — maar met 'n bietjie ekstra hulp wanneer u dit nodig het.
Wanopvatting 7: Versorgde Verblyf Fasiliteite Bied Substandaard Mediese Sorg
Die meeste Versorgde Verblyf fasiliteite bied uitstekende gesondheidsorgdienste.
Alhoewel dit nie dieselfde is as 'n hospitaal of verpleeginrigting nie, het u toegang tot versorgers wat kan help met medikasie bestuur, gereelde ondersoeke, om u gesondheid toestand te observeer, noodgevalle te hanteer, en u familielede proaktief in kennis stel van enige gesondheid verwante kwessies.
Dit is 'n veilige omgewing met gesondheidsorg ondersteuning wanneer u dit nodig het.
Wanopvatting 8: Dit is Beter om by Familie te Bly vir Ondersteuning
Vir baie ouer volwassenes kan die gedagte om by familie te woon soos 'n vertroostende keuse voel as gevolg van die emosionele ondersteuning wat familie bied.
Om by 'n geliefde in te trek kan egter soms onbedoelde uitdagings skep. Daaglikse lewenstake en werksverpligtinge kan dit vir familielede moeilik maak om konsekwente, deurlopende ondersteuning te bied, wat dikwels lei tot spanning vir families wat hul eie lewens, loopbane, en kinders probeer balanseer.
Uiteindelik voel die ouer persoon dalk dat hulle 'n las is — 'n persepsie wat hulle dalk nooit hardop sê nie, maar wat hul geestes welstand kan beïnvloed.
Met die uitsondering van moontlike finansiële oorwegings, is dit dikwels beter om ondersteuning aan die professionele mense oor te laat, en nie u laaste herinneringe aan u kinders, een van spanning en gespanne verhoudings, te maak nie.
Wanopvatting 9: Versorgde Verblyf Beteken Om Omring te wees deur Mense wat Veel Ouer is
’n Algemene wanopvatting oor Versorgde Verblyf is dat dit slegs gevul is met mense in gevorderde lewensfase wat uitgebreide mediese sorg nodig het.
In werklikheid akkommodeer Versorgde Verblyf ’n wye spektrum van individue, insluitend baie wat nog redelik onafhanklik is, maar eenvoudig in 'n ondersteunende gemeenskap wil woon waar hulle moeilike dagtake kan vermy en hulp kan vind wanneer nodig.
Hierdie verskeidenheid ouderdomme en lewens fases help om 'n dinamiese, energieke atmosfeer te skep wat die stereotipe van 'n "bejaarde" gemeenskap weerspreek.
Skakel Cassandra gerus vir meer inligting op 082 331 5565.
Sien ook:
Slaggate om in ag te neem wanneer u besluit oor 'n Versorgde Verblyf fasiliteit
Verstaan die Verskil tussen Versorgde Verblyf en Verswakte Sorg
Hoe duur is Versorgde Verblyf versus om in u eie eiendom te bly?
Wanopvattings oor Versorgde Verblyf: Kom ons kry duidelikheid
Versorgde Verblyf opsies: Hoe verstaan u Lewensreg vs. Deeltitel vs. Huur?
Vrae om Te Vra Wanneer U ‘n Aftree-Oord Besigtig
Finansiële Voorbereiding vir Versorgde Verblyf: Wat U Moet Weet
Meer aangaande die PANORAMA HERBERG Versorgde Verblyf-suites
Benodig u meer inligting? Kontak gerus vir Cassandra:
CASSANDRA O'RILEY
|
Please visit PanoramaHerberg.co.za today!