![]() | ![]() |
Kom ons kyk na die tipiese uitgawes vir 'n alleen lopende persoon wat in 'n twee-slaapkamer huis in 'n groot Suid-Afrikaanse stad woon, en vergelyk dit met die R12,000 per maand wat u vir Versorgde Verblyf by Panorama Herberg sal betaal.
Dan kyk ons na wat u mag opoffer, maar ook wat u in kwaliteit van lewe kan wen.
Wat is die tipiese maandelikse koste om in u eie huis in 'n groot stad te bly?
Vir 'n alleen lopende persoon wat in 'n twee-slaapkamer huis in Suid-Afrika woon, is die tipiese gemiddelde maandelikse uitgawes, as volg:
- Verband afbetaling of Huur: R8,000 tot R12,000 (afhangende van ligging) of as u die eiendom verkoop sonder 'n verband daarop, kan u 'n soortgelyke maandelikse inkomste verdien, op die kapitaal wat u belê.
- Dienste (Water, Elektrisiteit, Tariewe): R1,500 tot R4,500
- Eiendoms Versekering en Onderhoud: R800 tot R1,500
- Kruideniersware: R3,000 tot R5,000
- Sekuriteit: R500 tot R1,200
- Vervoer (Petrol, Onderhoud, Versekerings): R1,500 tot R3,000
- Huishulp (indien van toepassing): R1,000 tot R2,500
Hierdie koste is individueel afhanklik. Bereken gerus u eie koste.
*Tipiese koste wat nie sal verander ongeag of u in u eie plek of by 'n Versorgde Verblyf fasiliteit bly, sluit in: mediese skema bydraes, medikasie, dokters- of tandarts besoeke, persoonlike versorging- / skoonmaak- produkte en lewensversekering.
Wat is die tipiese koste vir ʼn enkellopende persoon om in Panorama Herberg (die Versorgde Verblyf fasiliteit) te bly?
Daar is verskillende bewoning opsies (deeltitel, lewensreg en verhuring) elkeen met sy voor en nadele. Maar vir die basiese maand tot maand verhurings opsie, begin dit tans by R12,000 per maand.
Wat dek die R12,000 per maand vir 'n Panorama Versorgde Verblyf fasiliteit (Herberg)?
Dit sluit in: Akkommodasie, maaltye, elektrisiteit, water en dienste is alles ingesluit, 24/7 sekuriteit op die terrein met nood afstandbeheer en patrollies, medikasie bestuur, skoonmaak, eiendoms onderhoud en -versekering, wasgoed, sosiale aktiwiteite en vervoer.
Wat gee u op deur na Versorgde Verblyf te verhuis?
So, u het die berekeninge gedoen. U is tevrede dat, op suiwer finansiële oorwegings, daar meriete is om na 'n Versorgde Verblyf fasiliteit te verhuis.
Daar is egter 'n paar nadele:
- Onafhanklikheid: Vir baie mense is dit die grootste faktor om na 'n Versorgde Verblyf te verhuis. Maar is die onderliggende rede om na Versorgde Verblyf te verhuis nie gebaseer op die besef dat u nie meer heeltemal onafhanklik kan funksioneer nie?
- Persoonlike Ruimte: U sal waarskynlik van 'n huis of woonstel afskuif na 'n kleiner, meer hanteerbare leefruimte. Dit beteken dat u van sommige meubels of besittings moet afskeid neem wat u nie daagliks gebruik nie.
- Eie voertuig bestuur: Afhangende van u mobiliteit, mag u besluit om nie ʼn eie voertuig te bestuur en op die fasiliteit se vervoer dienste gebruik te maak.
- Gemeenskaplike Bewoning: Dit kan as negatief sowel as positief beskou word. Gemeenskaplike bewoning vereis 'n sekere respek en 'n leef-en-laat-leef houding teenoor ander, maar terselfdertyd kan dit die begin wees van 'n heel nuwe sosiale omgewing, wat, as dit positief benader word, die einde van eensaamheid en / of 'n einde aan die gebrek aan sosiale konneksies, kan beteken.
Wat wen u deur na Versorgde Verbly te verhuis?
Versorgde Verblyf is ontwerp om u 'n sekere vlak van gemak te bied vir die fase in u lewe waar u onafhanklike lewe begin om sekere uitdagings te veroorsaak, waarvoor u eenvoudig nie die energie het om daagliks dit te hanteer nie.
Dinge soos huis onderhoud, herstelwerk, sekuriteit kwessies, inkopies, kook of skoonmaak na ete, vergeet om u maandelikse dienste te betaal, om u medisyne op tyd in te neem, huis skoonmaak en wasgoed, word alles hanteer.
Dit bied u verder 'n sekere vlak van gemak in die hantering van onverwagte risiko's. Dit neem daardie bekommerde gevoel weg, van wat gebeur as ek onverwags val en my bewussyn verloor, of siek word, of met 'n inbreker te doen kry, of depressief voel, of 'n brand ongeluk ondervind, of na die dokter moet ry. Die lys is eindeloos.
U kinders of geliefdes sal gemoedsrus hê. Een van die grootste geskenke wat 'n ouer aan hul kinders of geliefdes kan gee, is om te besef wanneer hulle sekere swakhede in hul daaglikse funksionaliteit het, en om iets daaraan te doen.
Dit laat u kinders met 'n lewe, vry van bekommernis oor hul ouers, tot 'n lewe wat wanneer hulle u kontak, dit is weens u sosiale band en nie as gevolg van 'n krisis nie.
Skakel Cassandra gerus vir meer inligting op 082 331 5565.
Sien ook:
Slaggate om in ag te neem wanneer u besluit oor 'n Versorgde Verblyf fasiliteit
Verstaan die Verskil tussen Versorgde Verblyf en Verswakte Sorg
Hoe duur is Versorgde Verblyf versus om in u eie eiendom te bly?
Wanopvattings oor Versorgde Verblyf: Kom ons kry duidelikheid
Versorgde Verblyf opsies: Hoe verstaan u Lewensreg vs. Deeltitel vs. Huur?
Vrae om Te Vra Wanneer U ‘n Aftree-Oord Besigtig
Finansiële Voorbereiding vir Versorgde Verblyf: Wat U Moet Weet
Meer aangaande die PANORAMA HERBERG Versorgde Verblyf-suites
Benodig u meer inligting? Kontak gerus vir Cassandra:
CASSANDRA O'RILEY
|
Please visit PanoramaHerberg.co.za today!